Senior spelers vies oor ligte straf vir Damian McKenzie

Senior All Blacks was volgens berigte kwaad en ontnugter oor hoofafrigter Scott Robertson se ligte straf vir die losskakel Damian McKenzie nadat hy vroeër vanjaar spanprotokol oortree het. Hy het na Nieu-Seeland se oorwinning oor Fidji in San Diego in Julie die bus verpas, maar moes slegs op sy eie by die lughawe kom en die span om verskoning vra. Die Kiwis het die volgende wedstryd teen Argentinië verloor. Die nuwe breier het blykbaar gevaar geloop om die senior spelers te vervreem omdat hy McKenzie nie swaarder gestraf het nie.