Bibi, Gallant appelleer in Den Haag
Israel het die Internasionale Strafhof in kennis gestel dat hy gaan appelleer teen die lasbriewe wat uitgereik is teen eerste minister Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant. Die hof het verlede week lasbriewe uitgereik vir hulle inhegtenisneming, asook dié van die Hamas-bevelvoerder Mohammed Deif vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Israel sê hy ontken die gesag van die Internasionale Strafhof en die wettigheid van die lasbriewe teen Netanyahu en Gallant.