Recon voltooi Naingopo-put
ReconAfrica sê sy boorwerk op die Naingopo-put tot ‘n diepte van 4 184 meter is voltooi. Vertikale seismiese opnames sal nou uitgevoer word en die put sal uitgevoer word. Voorlopige uitslae word in die volgende paar weke verwag. Die put teiken 181 miljoen vate bevestigde en 15 miljoen onbevestigde oliebronne sowel as 65 miljard kubieke voet gas maar, daar is geen sekerheid dat enige gedeelte van die hulpbronne ontdek sal word nie. As dit ontdek word, is daar geen sekerheid dat dit kommersieel lewensvatbaar sal wees om enige gedeelte van die hulpbronne te produseer nie. Die maatskappy sê verder dat hy in Desember herstelwerk en instandhouding op die Jarvie-boortuig sal uitvoer en dan na die Kumbundu-put aan beweeg.