Dwelmlaboratorium in Gauteng ontdek
ʼn Dwelmlaboratorium met ʼn geraamde waarde van 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand is in Rietfontein, Gauteng, ontdek wat tot die inhegtenisneming van ʼn 39-jarige Mexikaanse burger gelei het. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê ʼn deursoeking-en-beslagleggingslasbrief is verkry nadat die perseel deeglik dopgehou is. Sy sê die verdagte word aangekla van handel in en vervaardiging van dwelms, asook oortreding van die Wet op Immigrasie: