Vrou vas vir onwettige aborsie
Die Namibiese polisie sê ‘n vrou van Kahenge naby Nkurenkuru in Kavango Wes is in hegtenis geneem vir ‘n onwettige aborsie. Volgens die mag het sy ‘n vyf maande-lange swangerskap beëindig met ‘n onbekende medikasie. Die insident het in die vroeë oggendure van Dinsdag die week plaasgevind waarna sy die baba in ‘n plastieksak geplaas het en weggegooi het. Sy word tans in die hospitaal behandel onder polisiewag en dit is nie bekend wanneer sy in die hof sal verskyn nie.