Angolese owerhede gebruik oormatige geweld teen betogers
Amnestie Internasionaal sê hy kan bewys die Angolese polisie het minstens 17 betogers se dood veroorsaak binne ongeveer 30 maande met die gebruik van oormatige geweld. Die groep sê nie een van die betrokke beamptes of hul bevelvoerders, is gestraf nie. Hy beskuldig die polisie van wrede onderdrukking eerder as om die reg tot vreedsame protes te respekteer. Die polisie se hardhandige optrede word beskou as ‘n nalatenskap van die burgeroorlog tussen 1975 en 2002 en byna vier dekades van onderdrukking onder die voormalige president, Jose Eduardo dos Santos.