Drikus se 2024-Munga het afgeskop

Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem weer deel aan vanjaar se Munga wat vandag begin het. Die Munga is ‘n ononderbroke enkelfase, semi-ondersteunde bergfietsren deur die afgeleë Karoo. Deelnemers het 120 uur of vyf dae om 1 137km te ry. Die wedren bied vyf resiesdorpies waar ryers kan slaap, eet en stort, plus tien waterpunte waar hulle versnaperinge en water kan kry. Dit het weer in Bloemfontein begin en sluit af by die Doolhof-wynlandgoed in Wellington, in die Kaapse-wynland. Coetzee het verlede jaar die Munga ononderbroke in 47 uur en 37 minute voltooi en het die vorige rekord van 50 uur en 30 minute gebreek om die goud te vat.