Saoedi-Arabië stel steeds minderjariges tereg – drukgroep

‘n Drukgroep teen die doodstraf, Reprieve, sê 80 persent van alle persone wat in Saoedi-Arabië ter dood veroordeel is moet nog tereggestel word en verder, dat minderjariges steeds die doodstraf kry al het die land aangekondig dat die wetgewing aangepas is. Reprieve sê daar is 10 persone wat tans die risiko van onmiddellike teregstelling in die koninkryk loop waarvan 8 minderjarig was toe die hulle die doodstraf opgelê is.