ACSA loof owerhede vir dwelmmuil se arrestasie

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika loof die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir die inhegtenisneming van ‘n 25-jarige Brasiliaanse burger vir dwelmhandel. Die verdagte het van São Paulo gereis en betrap met meer as drie kilogram kokaïen ter waarde van 1,8-miljoen Suid-Afrikaane rand wat op sy liggaam versteek was. ACSA-streekbestuurder, Jabulani Khambule, sê die arrestasie wys duidelik hoe belangrik dit is om intelligensie te deel en operasioneel saam te werk in die bekamping van misdaad.