Israel maan Libanese inwoners om nie terug te keer huis toe nie
Die Israelse Weermag het inwoners wat ontheem is deur die gevegte en ontruimingsbevele, gemaan om nie na hulle huise in die suide van Libanon terug te keer nie. Dit is ondanks ‘n skietstilstand van 60-dae tussen Israel en Hezbollah wat vanoggend van krag geword het. Dit bepaal die Israelse Weermag moet heeltemal aan die suide van Libanon onttrek. Intussen sê die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, hy hoop die skietstilstandooreenkoms kan ‘n einde maak aan die geweld, verwoesting en lyding van die mense van albei lande.