Biden sê skietstilstand berei streek voor vir volhoubare vrede
Die Amerikaanse president Joe Biden sê die 60-dae-skietstilstand waaroor in Libanon ooreengekom is deur Israel en Hezbollah is ontwerp om ‘n permanente opskorting van vyandelikhede te wees. Libanon beleef sy dodelikste konflik in dekades, waarin meer as 3 823 mense dood is. Biden sê die skietstilstand sal omstandighede skep vir standhoudende kalmte en laat beide lande toe om veilig na hulle huise terug te keer. Hy sê volhoubare sekerheid vir die mense van Israel en Libanon kan nie net op die slagveld bereik word nie: