Geskiedkundige stemdag: Stemlokaal-reëls lyk so

Namibiërs stem vandag in ‘n algemene verkiesing wat kenners meen vir die eerste keer sedert 1990 ‘n tweede verkiesing kan veroorsaak. Swapo regeer sedert 1990, maar het sy twee-derde-meerderheid in 2019 verloor toe sy steun van 87- tot 56 persent gedaal het. Panduleni Itula, wat in 2020 uit die regerende party geskors is, het sedertdien die Independent Patriots for Change gevorm en word beskou as ‘n ernstige aanspraakmaker, nadat hy in 2019 as onafhanklike presidensiële kandidaat, 30 persent van die stemme ingepalm het. Intussen het die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Elsie Nghikembua stemlokaal-reëls vir die publiek so uiteengesit.