Die deler is so goed as die steler, sê Omaheke-polisie

Die polisie in die Omaheke-streek sê daar is ‘n kommerwekkende toename in misdade wat voertuigbykomstighede teiken, veral wiele. Tussen September en November is 10 gevalle van sulke diefstalle aangemeld, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Misdadigers gebruik universele moere om voertuigwiele te steel. Dit stel hulle in staat om die wiele, wat waardevol en gesog is in onwettige markte, vinnig en maklik te verwyder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met hoofinspekteur Fina Sakajengenga, die streekhoof van gemeenskapspolisiëring, wat voornemende kopers waarsku dat hulle ‘n misdaad pleeg.