SAPS behaal sukses met GBV-sake

Die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings het die afgelope jaar beduidende sukses behaal in die stryd teen die euwel van geslagsgeweld en vrouemoord. Die eenheid is verantwoordelik vir die voorkoming, bekamping en ondersoek van geweld teen vroue en kinders. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê van April verlede jaar tot September vanjaar is 29 150 oortreders weens dié misdade in hegtenis geneem en 556 lewenslank tronk toe gestuur.