Disney se nuwe passasiersboot groter, beter
Disney se jongste passasiersboot, die Treasure, stel ‘n aantal nuwe elemente bekend te midde van ‘n skerp toename in belangstelling in bootvaarte. Die Cruise Lines International Association berig dat 31,7-miljoen passasiers verlede jaar op bootvaarte gegaan het, wat sewe persent meer is as in 2019, kort voor die Covid-19-pandemie. Disney-aanhangers kan lafenis vind in die eerste kroeg ooit met ‘n Disney-tema, The Haunted Mansion, terwyl die sitkamer ‘n akwarium met ‘n spesiale effek het. Die Treasure sal volgende maand op sy nooiensvaart vertrek.