Terugkerende Bokke versterk Bulle-span na Europa
Rugby: Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het sy groep met terugkerende Springbokke versterk vir hulle toer na Europa. Hulle sluit in Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar, Wilco Louw, Cameron Hanekom, Elrigh Louw, Marco van Staden, Willie le Roux en Canan Moodie. Die Pretoriase span speel Saterdag in Galway teen Connacht in die Verenigde Rugbykampioenskap en ʼn week later in Londen teen Saracens in hulle eerste wedstryd in die Kampioenebekerkompetisie. Die Bulle is tans derde op die VRK-punteleer.