Lamola sê onafhanklike Palestina nodig vir vrede
Suid-Afrika se internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het die land se verbintenis tot geregtigheid, vrede en selfregering vir Palestyne bevestig. Hy het deelgeneem aan die Verenigde Nasies se 47ste Internasionale Dag van Solidariteit met die Palestynse mense. Lamola sê ʼn tweestaat-oplossing is die enigste manier waarop Israel in vrede met die Palestyne kan saamleef. Dit sluit ʼn onafhanklike Palestynse staat met internasionaal aanvaarde grense in.