Besonderse ‘nuwe’ Do They Know It’s Christmas? uitgereik
Die oorspronklike uitreiking van Do They Know It’s Christmas? het 8 miljoen Britse pond vir hongersnoodverligting in 12 maande ingesamel, terwyl die Band Aid Charitable Trust tot op hede byna 150 miljoen pond ingesamel het. Die hermengde weergawe is Maandag uitgereik, presies 40 jaar na die eerste opname by Sarm Studios in Notting Hill in Londen. In die ateljee is dieselfde masjienleer-tegnologie gebruik as wat The Beatles op verlede jaar se Now And Then gebruik het om stemme uit drie verskillende opnames van die liedjie te onttrek. Dit beteken dat jy almal van Sinead O’Connor en Rita Ora tot Boy George en The Darkness kan hoor optree asof hulle saam in die ateljee is. Sir Bob Geldoff, wat Band Aid gestig het, vertel meer.