Moenie laatkom by stembus nie!
Met net ‘n paar uur oor voor die verkiesings môre, verskerp die Verkiesingskommissie van Namibië pogings om te verseker dat burgers gereed is om hul stemme uit te bring. Patrick Britz, die stembeampte vir Rehoboth platteland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van stiptelikheid beklemtoon wanneer hulle na stemlokale gaan. Hy het kiesers verseker dat veiligheidsbeamptes teenwoordig sal wees om orde te handhaaf en te verseker dat die stemproses glad verloop. Britz het meer.