Stel Bibi, Gallant tereg, vra Iran se Khamenei

Die opperleier van Iran, Ajatolla Ali Khamenei, kritiseer die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van Israelse leiers en vra hulle moet eerder tereggestel word. Die lasbriewe is vir premier Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir beweerde oorlogsmisdade in Gaza. Khamenei bestempel die leiers as misdadigers wat die doodstraf verdien. Iran ondersteun Hamas en Hizbollah en steun steeds hulle optrede teen Israel. Dit verhoog die spanning, want hulle dreig mekaar oor en weer terwyl die konflikte in Gaza en Libanon voortduur.