Mashatile sê in ’23 was 100 000 babas van moeders 10 – 19 jaar oud

Adjunkpresident Paul Mashatile veroordeel die toenemende aantal kinderswangerskappe en beskryf dit as ‘n krisis wat dieper sosio-ekonomiese en kulturele kwessies weerspieël. Hy het tydens die amptelike bekendstelling van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, by die Burgersentrum op Rustenburg onthul meer as 100 000 van alle geboortes die afgelope jaar was vir meisies van tien tot 19 jaar oud. Mashatile het gevra vir sterker optrede teen oortreders en meer beskerming vir kwesbare kinders: