LGBT-kiesers moet stem vir verandering – aktivis
Môre is die verkiesings, en jong LGBT-kiesers spreek kommer uit dat politieke partye uit voeling is met moderne realiteite. Hulle voel dat baie partye nie ontwikkel het nie en aanhou om bevooroordeelde sienings te huldig wat die gemeenskap marginaliseer. Hulle vra vir meer inklusiewe beleide en groter verteenwoordiging, en glo dat hul behoeftes en regte in die huidige politieke landskap oor die hoof gesien word. Mama Africa, ‘n plaaslike aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die jeug moet vir verandering stem.