Tucna sê werkgewers wat kla oor minimumloon is belaglik

Die nuwe minimumloon tree op 1 Januarie in werking. Onder andere die landbousektor het gevra vir ‘n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Baie verenigings en groepe is ontevrede en sê dit is onbekostigbaar en sal lei tot werkverliese en selfs bankrotskappe. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna, wat teen die kritiek gekant is.