Bibi se kabinet stem oor Hezbollah-skietstilstand
Israel se kabinet stem volgens berigte vandag oor ʼn skietstilstand-ooreenkoms met Hezbollah in Libanon. Die konflik tussen Israel en Hezbollah het in September in ʼn volskaalse oorlog ontaard toe Israel homself verdedig het en 3 500 Libanese burgers en talle Hezbollah-leiers dood is. Volgens berigte sal die ooreenkoms beteken die Israelse Weermag onttrek heeltemal uit die suide van Libanon terwyl Hezbollah sy swaar wapentuig tot noord van die Litani-rivier verskuif. Israel se ambassadeur by die VN, Danny Danon, sê hulle sal in enige ooreenkoms die vermoë behou om suidelike Libanon te tref.