Blitsbokke vertrek vir Dubai-wêreldreeks
Die Blitsbokke het na die Verenigde Arabiese Emirate vertrek waar die nuwe seisoen van die sewes-wêreldreeks die naweek in Dubai begin. Die span het die vorige seisoen op ‘n hoogtepunt geëindig met brons op die Olimpiese Spele in Parys, maar kon slegs sewende eindig op die reeks se punteleer. Mede-kaptein Impi visser sê hulle het duidelike doelwitte vir die seisoen onder nuwe afrigter Philip Snyman, en behalwe om op die veld te wen wil hulle ook goeie mense van die veld af wees.