G7 ministers van buitelandse sake vergader in Rome

Die ministers van Buitelandse Sake van die G7 vergader vir twee dae naby Rome vir samesprekings met streeks-ampsgenote oor die Midde-Ooste, en Rusland se oorlog in Oekraïne. Hulle sal ook die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, en Hamas se militêre hoof, Mohammed Deif, bespreek en hoe dit die krisisse in Libanon en Gaza raak. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sal die samesprekings bywoon saam met sy ampsgenote van Brittanje, Kanada, Duitsland, Frankryk, Japan en die gasheer, Italië.