Mbumba vra dat stemdag vreedsaam, ordelik afloop

President Nangolo Mbumba sê hy is tevrede met die wyse waarop leiers van politieke partye en Namibiërs in die algemeen hulle tydens die veldtogperiode regdeur die land gedra het. Die klimaat waarin veldtogte gevoer is, is volgens hom ‘n demonstrasie van die krag van die demokratiese basis van die land. Hy het die volk Maandagaand toegespreek.

Hy het beroep op alle stemgeregtigdes gedoen om môre hulle kruisie te trek om te verseker dat die wil van die mense uitgespreek word.