SAPS verwelkom hofuitspraak oor zama-zama’s in Stilfontein

Die polisie verwelkom ʼn uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat ʼn aansoek van die Society for the Protection of Our Constitution verwerp het om hulp en redding te verskaf aan beweerde onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes. Die polisie hou vol geen mynwerkers is vasgekeer nie, terwyl meer as 1 200 onlangs na die oppervlak gekom het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê beperkte voorrade soos water en pap is ondergronds gestuur en mediese personeel is op bystand.