Kaapstad-burgemeester prys geniale Breyten Breytenbach
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die bekende anti-apartheidskrywer en aktivis, Breyten Breytenbach, beskryf as ’n genie wat mense se emosies vasgevang het. Hy is gister in die ouderdom van 85 in Parys dood. Breytenbach, wat in 1975 op aanklag van oortreding van die Terrorismewet vir hoogverraad in die tronk was, het gedurende sy leeftyd meer as 50 boeke gepubliseer. Hill-Lewis sê Breytenbach is met talle letterkundige toekennings bekroon, insluitend die Alan Paton-toekenning.