Imran Khan-ondersteuners betoog, eis sy vrylating

Duisende betogers ruk op na Pakistan se hoofstad, Islamabad, as deel van landwye betogings om die voormalige eerste minister, Imran Khan se vrylating te eis. Die versetoptrede volg na ‘n beroep deur Khan aan sy ondersteuners. Die 72-jarige Khan dien drie-jaar tronkstraf uit vir korrupsie, maar hou vol hy is onskuldig. Owerhede het toegang tot die hoofstad gesluit, snelweë versper en in sekere gebiede is mobiele en internetdienste opgeskort. Die optog het gister begin, en Khan se vrou en voormalige presidentsvrou, Bushra Bibi, is van die organiseerders van die saamtrekke