Suide word effe koeler, donderbuie elders verwag
Frontale afkoeling word môre in die Suide verwag, met vars tot sterk suidelike winde oor die binneland, wat tot Woensdag duur. Die binneland sal gedeeltelik bewolk en warm wees, met donderbuie in die meeste gebiede en geïsoleerde donderbuie in die Zambezi-streek. Langs die kus sal die weer gedeeltelik bewolk en koeler wees. Odillo Kgobetsi van die Windhoek Weerkantoor het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.