Rasool kan help met gespanne SA-VSA verhouding
Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busiswe Mavuso, sê sy het volle vertroue in die vermoë van Ebrahim Rasool om Suid-Afrika se gespanne verhouding met Amerika te herstel. President Cyril Ramaphosa het Rasool heraangestel as die land se ambassadeur in Amerika, ‘n pos wat hy van 2010 tot 2015 beklee het. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot na China. Mavuso sê dit sal aansienlike diplomatieke vaardigheid kos om die regte balans van belange te vind om te verseker dat Suid-Afrika steeds voordeel trek uit sy verhouding met Amerika op die manier waarop dit nou die geval is.