Oeps! Sportvrou van die Jaar-toekenning verkeerd, reggestel

‘n Fout by die Namibiese Sporttoekennings Vrydagaand het ‘n groot verleentheid veroorsaak. Die fietsryer Vera Looser is verkeerdelik aangewys as die sportvrou van die jaar, terwyl die eintlike wenner para-atleet Lahja Ishitile moes wees. Ishitile is ook vereer as sportvrou van die jaar met ‘n gestremdheid, en het die voorsitter se Toekenning van Uitnemendheid ontvang. Organiseerders sê die fout was te wyte aan verkeerde resultate wat deur die ouditeursfirma Hamilton and Partners verskaf is. Plaaslike media het met Freddy Mwiya van die Namibië Sportkommissie gepraat, wat verduidelik.