BIG-koalisie verduidelik woede teenoor ‘onetiese’ NBC
Meer inligting is bekend oor die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie wat sê hy is woedend en gewalg oor wat hy as doelbewuste sabotasie en onetiese gedrag van die nasionale uitsaaier, die NBC, beskryf. BIG sê hy het alle kontraktuele en finansiële verpligtinge vir ‘n veldtog op sy kanale nagekom maar, die uitsaaier het dit ‘n dag voor dit moes begin, geblokkeer. Die koalisie sê hy eis ‘n antwoord, veral omdat die uitsaaier met openbare fondse werk. Essence Aogamus van BIG het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.