Bendes, afknouery bedreig leerders se veiligheid

Die Gautengse Onderwysdepartement het bendebedrywighede en afknouery uitgewys as die sleutelbedreigings vir leerderveiligheid. Die LUR Matome Chiloane het onlangs ‘n skoolveiligheid-imbizo gehou in Tsakane, Ekurhuleni. Altesaam 245 skole is as hoë risiko uitgewys wat veiligheid en geweld betref. Chiloane sê die verhoogde vlak van skoolbakleiery tussen leerders is ook kommerwekkend.