Brandstofprys vir Desember … ‘die mark het effe Suid gegaan’
Die komitee wat die brandstofprys vir Desember moet bepaal sal Donderdagmiddag vergader. Die lynministerie is tans besig met sy berekeninge in die verband. Die Brent ru-olieprys het met 3,3 persent in die afgelope week gestyg en in die afgelope 30 dae, met net 1,7 persent gedaal so dit is onduidelik wat sal gebeur, veral met die onderverhalings wat verlede maand aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die ministerie gepraat.