Sinner lei Italië na tweede Davisbeker-titel

Die wêreld nommer-een Jannik Sinner het Italië tot ‘n tweede agtereenvolgende Davisbeker-titel gelei deur Nederland met twee-nul in Malaga, Spanje te klop. Matteo Berrettini het Botic van de Zandschulp verslaan om ‘n vroeë voorsprong aan Italië te besorg. Die 23-jarige Sinner het Tallon Griekspoor geklop om die trofee in te palm. Italië is die eerste land om twee agtereenvolgende Davisbeker-titels te wen sedert die Tsjeggiese Republiek dit in 2012 en 2013 reggekry het. Sinner sê die kompetisie is vir hom belangrik: