Groot planne by Osona Village
Die Osona Village by Okahandja brei baie goed uit met Green Earth omgewingskonsultante wat ‘n kennisgewing uitgereik het vir ‘n impakstudie vir verskeie toegangspaaie en meer wat nou uitgevoer sal word. Daar word meer as 14 000 wonings vir die nedersetting beplan insluitend ‘n ligte industriële gebied en ‘n tersiêre ambag-opleidingsentrum. Kosmos 94.1 Nuus het met Vincent Kariseb, die voorsitter van die munisipale raad van Okahandja gesels.