VN vra globale verdrag oor plastiek-beheer, 5de beraad begin

Die minister van Internasionale Ontwikkeling in Noorweë, Anne Beathe Tvinnereim, waarsku die wêreld sal oor tien jaar nie die volume plastiekafval kan hanteer nie, indien lande nie instem om vervaardiging te beperk nie. Die finale ronde van die VN-samesprekings oor die eerste globale verdrag om plastiekafval te verminder begin dié week in Busan in Suid-Korea. Die gebruik van plastiek kan wêreldwyd verdriedubbel. Tvinnereim, wat ook die medevoorsitter is van ‘n koalisie van 60 lande wat druk uitoefen vir ‘n sterk globale plastiekverdrag, sê die wêreld het meer hergebruik en afvalbestuur nodig.