Brandspan maak voorbrand werk!

Die gesamentlike brandspan van die Otjiwarongo Buurtwag en -Boerevereniging het vanjaar reeds 45 veldbrande op plase in die noordelike kommersiële landbougebied bestry en die brandskade beperk tot ongeveer 100 000 hektaar. Frans Holtzkamp, hoofkoördineerder van hierdie brandspan, skryf hulle suksesse toe aan uitstekende spanwerk. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.