Namibiërs se voorliefde vir drank kom owerhede duur te staan

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie is Namibië een van die lande met die hoogste vlak van alkoholafhanklikheid per capita in Afrika. Meer as die helfte van Namibiese volwassenes verbruik gemiddeld 10 liter alkohol per jaar, waarvan ‘n groot deel vroue is. Die meeste alkohol word deur Namibiërs tussen 27 en 35 jaar oud gebruik. Die vakansieseisoen kom nader, wanneer mense geneig is om meer alkohol te verbruik, maar gesondheidskwessies as gevolg hiervan moet in gedagte gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula, wat uiteensit hoe gesondheidskwessies weens oormatige drinkery tot onnodige staatsbesteding lei.