Drie vas na hulle poog om lemoene met gif vir renosters te voer
Die Namibiese polisie sê dat drie vermeende stropers by plaas Môrester in die Omaheke-streek betrap is met lemoene vol gif in ‘n poging om renosters te dood en hulle horings te stroop. Hulle wou volgens die mag die lemoene as voer vir die diere gee maar, die wag aan diens het hulle gesien, waarskuwing skote afgevuur en hulle het gevlug. Owerhede het die lemoene, water en meer gevind. Die eenheid vir beskermde bronne het oorgeneem en die drie by ‘n plaas, 20 kilometer ver gevind. Hulle is gearresteer en die ondersoek duur voort.