EU herreop sy Niger-ambassadeur

Die Europese Unie het sy ambassadeur in Niger herroep vir konsultasies in Brussel ná spanning met die land se oorgangsowerhede oor EU-humanitêre hulp vir vloedslagoffers in die Wes-Afrikaanse land. Die onenigheid dui op ‘n verdere verswakking in betrekkinge tussen Europa en Sahel se militêre juntas. Vrydag het Niger se oorgangsregering die EU gekritiseer vir die toekenning van 1,3 miljoen euro vir humanitêre hulp sonder vooraf konsultasies. ‘n Regeringsverklaring het die EU-ambassadeur daarvan beskuldig dat hy die fondse eensydig aan nie-regeringsorganisasies toegeken het.