Amupanda sê N$8m-faktuur is spesiaal geskep na hy saak ontbloot
Die herrie is steeds los oor onderdele van 8 miljoen Namibiese dollar wat van Windhoek Maschinenfabrik deur die verdedigingsministerie verkry is. AR-leier Job Amupanda het gesê dit was vir een onderdeel en die ministerie het tydens ‘n perskonferensie dit weerlê en sê duisende onderdele vir Weerwolf militêre voertuie is bekom. Maar, Amupanda het kommunikasie tussen die maatskappy se uitvoerende hoof kolonel Petrus Anton en die finansiële bestuurder, Anna Max bekend gemaak wat blykbaar toon dat Shalumbu Ndajoina die hoof van August 26, die moedermaaskappy opdrag gegee het om ‘n kwotasie daarvoor te skep, na Amupanda die transaksie bekend gemaak het.