COP29-ooreenkoms skiet kort

Lande by die COP29-beraad in Baku het vandag ooreengekom op ‘n wêreldwye finansiële teiken van 300 miljard Amerikaanse dollar per jaar om armer lande te help om die impak van klimaatsverandering. Dit is skerp gekritiseer deur die begunstigdes daarvan terwyl sommige afgevaardigdes die ooreenkoms staande toegejuig het. Daar is kritiek dat dit oorhaastig deurgevoer is en dat besware van die afgevaardigdes geïgnoreer is. Triljoene dollar is nodig om die werklike impak aan te spreek.