Hamas sê vrouelike gyselaar is dood in IDF-lugaanval

Die Israeliese Weermag sê hulle is in kontak met die familie van ‘n gyselaar wat volgens Hamas in die noorde van Gaza dood is na ‘n lugaanval. Die weermag sê hy kan nie Hamas se bewerings dat die vrou gyselaar gesterf het, bevestig of weerlê nie. Dit het hernude protesaksie in Tel Aviv ontlok met duisende Israeliese burgers wat eis dat premier Benjamin Netanyahu ‘n ooreenkoms vir die vrylating van die gyselaars moet bereik.