Bokke sluit 2024 af met 45-12 oorwinning teen Wallis

Die Springbokke het 2024 afgesluit met ‘n oortuigende oorwinning van 45-12 oor Wallis in die Principality-stadion in Cardiff. Dit was die Walliese span se 12de agtereenvolgende nederlaag. Franco Mostert het die Springbokke se eerste drie binne die eerste ses minute aangeteken. Die ander drieë het gekom van Eben Etzebeth, Kurt-Lee Arendse, Elrigh Louw, Aphelele Fassi, Gerhard Steenekamp en Jordan Hendrikse. Wallis se 12 punte het gekom van twee drieë deur Rio Dyer en James Botham, en ‘n verdoeling deur Ben Thomas.