Hongarye se Orban sal Bibi uitnooi, lasbriewe ignoreer
Die Hongaarse premier Viktor Orban, wie se land die roterende presidentskap van die EU beklee, sê hy sal Benjamin Netanyahu vir ʼn besoek nooi en ‘n lasbrief ignoreer. Die Internasionale Strafhof het lasbriewe uitgereik vir Netanyahu en die voormalige minister van Verdediging Yoav Gallant, sowel as die militêre hoof van Hamas, Mohammed Deif, vir misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade. Orban bestempel die hof se beslissing as “ongelooflik astrant” en “sinies”. Hy sê dit “bemoei hom met ʼn langdurige konflik, weggesteek agter ʼn regsbesluit maar in werklikheid geneem met politieke motiewe”.