Bibi sê ICC is polities bevoordeel

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu sê die Internasionale Strafhof is ‘n polities-bevooroordeelde en diskriminerende liggaam. Dit volg na die hof ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van Netanyahu, sy voormalige minister van verdediging, Yoav Gallant en Hamas se militêre leier, Mohammed Deif, uitgereik het. Die hof beskuldig hulle van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Netanyahu sê hy sal nie terugstaan tot al die doelwitte teen Hamas bereik is nie: