Leonard se jongmense ondersteun die Russe
Die jongmense van Leonardville het sterk steun uitgespreek vir die omstrede Headspring Investments Rosatom in-situ uraanprojek, met die argument dat dit ‘n oplossing bied vir werkloosheid, ekonomiese stagnasie, en ‘n gebrek aan opvoedkundige geleenthede in die Omaheke streek. Die jeug sê hulle doen ‘n beroep op die regering, sakeleiers, en plaaslike gemeenskappe om die voortsetting van Rosatom se navorsingsfase en die aanvang van volskaalse bedrywighede by Triploi moontlik te maak. Hul steun kom te midde van teenkanting van veeboere en inwoners van Aminius in die Omaheke streek, wat groot kommer het oor die veiligheid van die waterbronne.